Benjaminsvriende
Vir almal in ons gemeente is Afrikaans baie belangrik en dit is ook vir ons belangrik dat ons kinders steeds die geleentheid moet hê om in Afrikaans te speel. As die kinders in die gemeente van kleins af mekaar op sosiale vlak leer ken, het hulle sommer 'n lekker groep maats as hulle Tieners word. Elke byeenkoms word rondom 'n Bybeltema beplan en 'n lekker aktiwiteit word daarmee saam aangebied. Ons poog ook om die kinders meer oor hulle Afrikaanse herkoms te leer en speletjies soos Vroteier en Bok in die Hok is groot gunstelinge. Almal tussen 5 en dertien speel lekker saam en word so deel van ons Kerkfamilie.
Boksombende (Jeug)
Jeug- en kinderbediening is vir ons belangrik om jong mense te lei tot die ware kennis van God se Woord en 'n blywende geloof. Die Gemeente het 'n baie aktiewe jeuggroep wat begelei word om in verhouding met God 'n dienende gemeenskap te wees. Die jeuggroep reël en koördineer jeugbyeenkomste.
Kleuterkerk
Bybelonderrig word aan kleuters van 3 tot 6 jaar aangebied tydens die erediens deur entoesiastiese aanbieders. Ons maak gebruik van 'n verskeidenheid aktiwiteite en media.
Kategese
Kategese-onderrig vir 7 tot 15 jariges vind plaas na afloop van die erediens. Die Belydenisklas word deur die predikant behartig.
Seniorgroep
Die seniorgroep kom op die eerste Sondag van elke tweede
maand byeen vir 'n ete waartoe elkeen 'n smulgereg bydra met gesellige samesyn daarna. Die Skakelpersoon is Antoinette Herbst by antoinette.herbst@xtra.co.nz